Hierdie podcast verduidelik die rol wat plaaslike regering speel in die verskaffing van dienste aan die gemeenskap en hoe munisipaliteite deur die munisipale raad regeer. Hierdie podcast is deel van die Civics Academy Plaaslike Regering-reeks. In hierdie podcasts ondersoek ons hoe plaaslike regering funksioneer en hoe ons, as responsiewe burgers, dit kan betrek. Hierdie podcast is ook in Engels en IsiXhosa beskikbaar.
Plaaslike regering is een van die drie regeringsfere tesame met die provinsiale en die nasionale sfere. Plaaslike regering bestaan uit munisipaliteite wat baie van die dienste lewer wat mense daagliks gebruik. Die Grondwet maak voorsiening vir drie kategorieë munisipaliteite, naamlik metropolitaanse, distriks- en plaaslike munisipaliteite. In Suid-Afrika is daar 257 munisipaliteite waarvan 8 metropolitaans is, 44 distrik en 205 plaaslike munisipaliteite.
Die bevoegdhede en funksies van plaaslike regering word in Bylaes 4 en 5 van die Grondwet uiteengesit.
Munisipaliteite het talle funksies wat ons daaglikse lewens raak. Die meeste van hierdie dienste word binne die raamwerk van die Grondwet en Nasionale en Provinsiale wetgewing gelewer. Hierdie funksies sluit onder andere die volgende in:
- Elektrisiteit;
- Water- en sanitasiedienste;
- Vullisverwydering;
- Paaie;
- Parke en ontspanning;
- Gemeenskapsale en openbare plekke; en
- Begraafplase.
Elke munisipaliteit het ‘n raad wat elke 5 jaar tydens plaaslike regeringsverkiesings, verkies word. Die munisipale raad regeer die munisipaliteit.
Die raad bestaan uit verkose lede wat beleide bepaal, verordeninge maak, inkomste genereer, fondse spandeer en besluite tydens raadsvergaderings neem oor alle ander sake wat deel is van sy bevoegdhede en funksies.
Die munisipale administrasie doen die werk binne die munispaliteit. Die Munisipale Bestuurder staan aan die hoof van die munisipale administrasie en is verantwoordelik vir die indiensneming van kundige personeel en vir die koördinering en implementering van die Raad se programme en projekte.
Ingevolge die Grondwet en ander wette het die publiek die reg en ook die verpligting om aan munisipale besluitneming deel te neem. Dit kan gedoen word deur middel van:
Direkte kontak met verkose raadslede.
- Wykskomitees;
- Openbare deelnamevergaderings;
- Die indiening van vertoë en voorstelle; en




