Plaaslike Regering

In ons plaaslike owerheidsreeks ondersoek ons hoe plaaslike regering funksioneer en hoe ons as reagerende burgers betrokke kan raak. Die meeste video’s in hierdie reeks is in Engels, Afrikaans en IsiXhosa beskikbaar. Die inhoud van hierdie reeks is gebaseer op plaaslike owerheidswetgewing wat vir alle munisipaliteite in Suid-Afrika geld. Die reeks is egter oorspronklik in oorleg met die Wes-Kaapse Provinsiale regering en die Stad Kaapstad ontwikkel met die doel om die vermoëns van munisipale raadslede te verbeter en om inwoners te bemagtig en aan te moedig om aan munisipale prosesse deel te neem. Gevolglik mag die terminologie wat gebruik is effens verskil van hoe dit in ander provinsies gebruik word. Sommige van die videos is reeds in 2016 geskep/vervaardig en moet dus teen daardie agtergrond beoordeel word. Ons probeer om die inhoud van die videos deurlopend op datum te bring.